MARIANNE SE LEWERKOEKIES
500 g gemaalde beeslewer
¼ koppies broodkrummels
¼ koppie oats
¼ koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
1 groot gerasperde ui
1 teelepel sout
1 eier
olie vir vlak braai
Meng alles saam en bak lepelsvol in vlak olie
Ek maak dit ook elk keer anders, soms voeg ek bietjie rooipeper en worchestersous in.
Resep: Marianne de Beer
Charmaine van Staden
Ek het knoffel, rooipeper en wortel wat ek fyn gesny het bygevoeg. Ek het ook chille flakes, speserye, bees uie sop en woestersous bygevoeg. Ek het ook nie oats gehad nie en sommer weetbix gebruik.