

ADAM SE PAPRIKA BEESVLEIS PASTEI
1 kg beesnek
1 groot gekapte ui
3 hoogvol teelepels gerookte paprika (of na smaak)
1 teelepel komynpoeier
1 teelepel fyn knoffel
2 medium aartappels in blokkies gesny en vooraf gaargemaak
250 g gemengde gevriesde groente
250 g gekapte sampioene
sout en peper na smaak
Sien die skakel onder die resep vir die deeg.Braai die uie in bietjie olie in die stoompot tot deurskynend. Voeg die vleis by en verbruin liggies. Voeg die paprika, komyn, knoffel, sout en peper by en roer goed deur sodat die vleis deeglik bedek is. Voeg ongeveer 150 ml water by en laat stoom vir ongeveer 30 minute tot die vleis baie sag is en maklik van die bene afkom.
Ontbeen die vleis, trek dit uitmekaar met ‘n vurk en plaas terug in die sous in die pot. Bring tot kookpunt en voeg die groente en sampioene by. Meng goed deur met die vleis en laat prut tot die sampioene begin sag raak. Voeg nou die gaar aartappelblokkies by en meng deeglik deur. Meng 2 teelepels bisto met ‘n klein bietjie water, voeg by die mengsel en prut liggies tot die sous verdik.
Voer twee standard grootte tertborde (bakke) met ‘n deegbodem uit, skep die vulsel daarin en bedek met ‘n deegdeksel. Smeer die deegdeksels met geklitste eier en bak by 180ºC tot goudbruin.
Deeg resep: https://www.foodloversrecipes.com/…/adrian-se-gekruide-hoen…/
Bron en foto: Adam Cloete.







Done