WAYNE SE LEKKER WARM SJOKOLADE
Ek het nie ‘n mengsel nie, maar ek maak myne so:
Smelt 4 eetlepels botter in ‘n kastrol saam met 4 eetlepels kakao en 4 eetlepels suiker en ‘n knippie sout. Wanner daar ‘n dik pasta is whisk jy so ‘n koppie room in. Sodra dit borrel whisk jy 2 koppies melk by. Wanneer dit opkook whisk jy ‘n teelepel vanielje ekstrak by. Giet in bekers en raak verlief.
Die nice ding as jy dit so maak is dat jy dit so soet/nie-soet kan maak soos jy wil. ‘n Bietjie (of dalk baie as mens daarvan hou) brandewyn/whiskey daarby is net so lekker…
RESEP: Wayne Dugmore