

WILMA SE HOENDERPASTEI
2 Hoender Braaipakke
2 Rolle Gekoopte Skilferkors Pasteideeg.
3 Aartappels geskil en in blokkies Gesny
2 Medium Uie, Geskil en fyn opgesny
1 Houertjie Wit Knoppie Sampioene, opgesny
250ml Rou Ertjies
1Groot Wortel geskil en in blokkies gesny
7 Kruienaeltjies
10ml Braaispeserye
10ml Gedroogde Gemengde Kruie
Sout en Swartpeper na smaak
Metode
Braai die uie en sampioene in klein bietjie olyfolie tot sag maar nie bruin nie. Strooi die geurmiddels oor en braai vir ‘n paar minute. Voeg die hoender by en braai liggies. Voeg 1lit water by en Kook tot die hoender gaar is. Verwyder die hoender van die bene, Pluis of sny vleis in blokkies. Voeg die aartappels en wortel by en kook tot die aartappels en wortel gaar is. Voeg die sampioene en ertjies by en kook vinnig tot meeste van die water verdamp het. Verdik indien nodig met Maizena aangemaak met bietjie van die aftreksel.
Voer ‘n bak met ‘n 2lit volume uit met die pasteideeg. Skep die hoendervulsel op en verf die kante van die bak met melk. Sit die ander rol deel bo-op. Druk die kante aanmekaar vas met ‘n vurk. Smeer melk oor die deeg, maak ‘n paar gaatjies in die deeg vir die stoom om te ontsnap.
Bak in ‘n voorverhitte oond, 180grC tot die kors goudbruin is. Bedien met ‘n Lekker slaai.
Bron en foto: Wilma Josey Verster






