

CHARLENE SE KLAPPERKOEKIES
500 g bruismeel
190 ml suiker
250 g botter
3 eiers
1 pakkie klapper
Room die botter en suiker baie goed, voeg die eiers een – een by en meng. Voeg die droë bestandelle by en meng net tot alles bymekaar kom en ‘n lekker deeg vorm.
Rol klein balletjies en druk plat met ‘n vurk of patroontjie
Bak by 190 ºC tot goudbruin, hou dop, dit bak vinnig
Bron: Charlene Clayton






