

MARIETJIE SE PEPPERSTEAK PIES
Bron: Marietjie van der Merwe
FOOD LOVERS RECIPES
3 kg goeie gehalte steak, in blokkies gesny
500 ml room
300 ml Worcester sous
25 g swart peper
6 teelepels sout *
3 eetlepels sousmengsel
Potbraai die vleis, voeg dan res van bestanddele by, behalwe sous mengsel.
Kook tot sag (kan ook in stoompot sag kook) en verdik met sous mengsel.
Hierdie pasteitjies vries baie goed.
Die resep vir sousmengsel is as volg:
1 groot pak Bisto
1 pakkie sampioen sop
1 pakkie tamatie sop
1 pakkie bruin uie sop
1 koppie koekmeel
Meng goed en bêre in lugdigte houer.
Kan in enige vleisgereg gebruik word, of net as sous vir rys ens.







Elna Goosen
Ek het n wenk gekry om ipv melk of eier oor pastye te smeer, mayonais oor te sit. Sal nie weer iets anders gebruik nie