

VERALDA SE BASIL PESTO
Blits basil blare (4 koppies) met olyfolie (driekwart koppie), knoffel (4 toontjies), sout en peper, denne pitte of amandels (half koppie) en parmesankaas (half koppie of wiggie so groot soos jou handpalm).
Eet op pasta of saam met enige iets met tamatie.
Dit laat braaibroodjies sommer gourmet word.
Die vars blare is wonderlik in tamatie slaai, op pasta geregte.
Die smaak verdwyn soos dit gaar word, beste om vars te gebruik.
Bron: Veralda Schmidt






