

MALVAPOEDING MET KARAMELSOUS VIR MUFFINS
Resep en foto: Petre van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
375 ml melk
30 ml botter of margarien
15 ml gladde appelkooskonfyt
15 ml asyn
60 g botter of margarien
200 ml suiker
2 ekstra groot eiers
375 ml koekmeel
5 ml koeksoda
10 ml bakpoeier
3 ml sout
Sous:
250 ml ingedampte melk
100 ml suiker
60 g botter of margarien
5 ml karamel of vanilla geursel
Plaas die melk, 30 ml botter en konfyt in n swaarboomkastrol en verhit oor lae hitte tot die botter en konfyt gesmelt is. Roer aanhoudend. Voeg die asyn by en plaas eenkant.
Klop die 60 g botter en suiker saam tot romerig. Voeg die eiers by en klop tot lig en donsig.
Sif die meel, koeksoda, bakpoeier en sout, en voeg om die beurt met die melkmengsel by die eiermengsel. Skep in n groot gesmeerde oondvaste bak en bak 45-60 minute by 180ºC.
Sous:
Kombineer die melk, suiker en botter in ‘n klein swaarboomkastrol. Prut ongeveer 3 minute, verwyder en voeg die geursel by.
Verwyder die poeding uit die oond, prik en giet die warm sous oor die poeding.
Nota:
Vir muffins bak ek dit vir 15 tot 18 minute.
Ek skep die pannetjies so ¾ vol, sodat dit sommer lekker uit rys bokant die pannetjie.
Ek bak sonder die waaier van my oond aan.







Baie dankie vir al die hulp, Rina. Ek het 3 enkel beslagte gemeng aangesien ek nog nooit die resep gemaak het nie. Wou nie te veel peuter voordat ek geweet het hoe een uitdraai nie. Elk geval, ek het 30 pragtige muffins gekry want ek het die holtes lekker vol gemaak. Die resep is besonders lekker!!
Baie baie dankie vir die terugvoer, altyd lekker om te hoor, geniet dit baie
Hoeveel muffins maak hierdie deeg?
As ek na die bestandele kyk wil dit vir my voorkom 12 gewone of 6 groot muffins, maar ek het vir Petre gevra om ons te help, ek laat weet sodra hy my geantwoord het.
Dankie! Ek maak aandete vir 20 wil weet of ek liewer 2 of 3 mengsels moet aanmaak om genoeg muffins te kry.
Ek stel voor jy gebruik hierdie resep dan weet jy jy het genoeg… maar ek kom te4rug na jou toe sodra ons ‘n antw het van Petre af. Ek glo 2 x aangemaak en die kleiner muffins sal jy 20 maklik uitkry. Maar meng en bak maar want dit is nooit wys om ‘n resep x 3 aantemaak op een slag nie, jou resultaat gaan nie reg wees nie.
https://www.foodloversrecipes.com/2016/03/malvapoeding-vir-55-mense/
Petre se dat dit ongevewer 12 muffins maak, ek hoop dit help jou.