MALVAPOEDING MET KARAMELSOUS VIR MUFFINS

malvapoeding petretested

MALVAPOEDING MET KARAMELSOUS VIR MUFFINS
Resep en foto:  Petre van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
375 ml melk
30 ml botter of margarien
15 ml gladde appelkooskonfyt
15 ml asyn
60 g botter of margarien
200 ml suiker
2 ekstra groot eiers
375 ml koekmeel
5 ml koeksoda
10 ml bakpoeier
3 ml sout
Sous:
250 ml ingedampte melk
100 ml suiker
60 g botter of margarien
5 ml karamel of vanilla geursel

Plaas die melk, 30 ml botter en konfyt in n swaarboomkastrol en verhit oor lae hitte tot die botter en konfyt gesmelt is. Roer aanhoudend. Voeg die asyn by en plaas eenkant.
Klop die 60 g botter en suiker saam tot romerig. Voeg die eiers by en klop tot lig en donsig.
Sif die meel, koeksoda, bakpoeier en sout, en voeg om die beurt met die melkmengsel by die eiermengsel. Skep in n groot gesmeerde oondvaste bak en bak 45-60 minute by 180ºC.
Sous:
Kombineer die melk, suiker en botter in ‘n klein swaarboomkastrol. Prut ongeveer 3 minute, verwyder en voeg die geursel by.
Verwyder die poeding uit die oond, prik en giet die warm sous oor die poeding.
Nota:
Vir muffins bak ek dit vir 15 tot 18 minute.
Ek skep die pannetjies so ¾  vol, sodat dit sommer lekker uit rys bokant die pannetjie.
Ek bak sonder die waaier van my oond aan.