

INGRID SE PATATO BAKE
6 aartappels in wedges gesny, sprinkel met olyf olie en kruie van jou keuse (ek het Italian cheese gevat van Ina Paarmans).
Bak in bak in die oond tot sag.
2 uie in ringe gesny
Braai in olyf olie vir 20min. Roer af en toe as pan begin brand onder gooi bietjie water by. Hou gereeld dop.
Kaas witsous
Botter 2 eetlepels
2tot3 eetlepels meel
Melk
Kaas (mature gebruik ek)
Teelepel mosterd
Smelt botter en voeg meel by en roer.
Voeg die melk gebruik jou eie diskresie hoeveel, en dan die mosterd en kaas. Roer aan houdend tot dit dik is. Dit moet nie baie dun wees nie looperig maar dik.
Sprinkel gebraaide ui oor en dan die kaassous. Sprinkel bietjie gerasperde kaas oor en opgekapte pietersielie.
Bak in oond op 180grade vir so 15-20min. Bedien as n bykos by braaivleis.
Bron en foto: Ingrid Mouton






