

MAKLIKE TUNATERT
(Ek het die resep dubbel aangemaak)
2 eiers, geklits
5 ml Worcestersous
1 blikkie tuna, gedreineer
1 klein ui, gekap
3 eetlepels koekmeel
1 teelepel bakpoeier
250 ml gerasperde cheddar kaas
250 ml melk
sout en peper
kaas vir bo-oor
Verhit oond tot 180°C.
Plaas al die bestanddele in bak en meng goed.
Bak vir 40 minute plus.
Foto: Marie Rheeder Troskie






