

HOENDER AFTREKSEL
3 gaar hoenders se bene
velle oondgerooster tot lekker bruin
So 5 uie, in growwe stukke gesny
1 groot handvol pietersielie
‘n paar wortels opgekap
½ bos seldery
‘n paar peperkorrels
2 – 3 naeltjies
1 tot 2 velletjies foelie (mace)
Sit alles in die pot. Maak gelyk vol met kouewater en bring tot kookpunt.
Skep skuim af. (Skuim maak die aftreksel dof) en laat saggies onbedek kook vir n uur.
Syg deur n moeseliendoek en kook sop of koel af en vries dit tot jy aftreksel nodig het.
Ek sout nie my aftreksel nie’, want soos die vog verdamp word die sout al sterker. Ek sit sout by soos ek dit gebruik.
Foto en resep: Frikkie Jones






