

MALINDA SE LEKKER SOET-SUUR VARK
1 blik pynappel stukke hou die sous eenkant
15 ml maizena
15 ml tamatie sous
30 ml rys wyn of wit wyn asyn ( ek gebruik wit wyn asyn )
10 ml soya sous
10 ml bruin suiker
1 rooi soet rissie sny in strips (ek sny rooi / geel / orange wat ek in die yskas het )
2 spring onions
400 g vark strips geur met sout en witpeper sif koekmeel oor die strips voor jy dit braai …( ek koop Woollies se strips en gebruik die hele pak )
In ‘n pan sit jy olie en margarien, braai die vark strip tot lekker bruin en haal uit.
Sit die soetrissie en spring onion in en braai vir 2 min
Sit in die pynappelstukke in
Maak die maizena aan met die pynappelsous, voeg by die tamatie sous suiker soya en asyn.
Gooi nou by die soetrissie in en meng gooi n bietjie water by tot jy die dikte van die sous kry waarvan jy hou sit die varkvleis terug en kook vir 1 min bedien saam rys of noodles.
Enjoy ……
Vir n variasie sit ek wortels in wat ek in repe sny dit is die oranje op die foto
RESEP EN FOTO: Malinda Marjee Walker






