


ENGELA SE SJOKOLADE FUDGE KOEKIES
250 ml stork (1 koppie)
500 gram Versiersuiker
8 eetlepels kakao
2 extra groot eiers geklits
5 ml vanieljegeursel
2 pakke marie koekie
Druk koekies fyn en hou eenkant
Mikrogolf botter tot gesmelt. Sif versiersuiker en kakao saam, voeg gesmelte botter by, meng, voeg eiers by , meng goed.
Mikrogolf vir 3 min, voeg vanielje by en roer goed deur, meng stroop met gebreekte koekies en meng tot alles goed klam is.
Druk in’n gespuite pan vas en sit oornag in yskas. Sny in blokkies en geniet
FOTO EN RESEP: Engela Olckers






