

MALVALEKKER BOLLETJIES
32 malvalekkers
1 pakkie marie beskuitjies (fyn gekap)
1 blikkie kondensmelk
100 g margarien
halwe koppie sjokalade nesquik
1 kp klapper (extra klapper vir rol)
Gooi alles bestanddele in ‘n bak (behalwe julle malva lekkers en klapper) plaas in mikrogolf tot goed warm.
Voeg klapper nou in en meng baie goed deur, laat afkoel.
Rol nou dun velletjies van mengsel en plaas oor malvalekker. Vorm balletjies, rol in klapper en plaas in vrieskas tot dit stewig is. Geniet .
RESEP: Erika Le Roux Visser






