

HOENDER CHOW MEIN
Hierdie hoender chow mein resep is genoeg vir 6 persone.
2 skoongemaakte hoenderborsies, in 2,5 cm blokkies gesny
225 g ontbeende varkvleis, in 2,5 cm blokkies gesny
15 ml mielieblom
40 ml droë sjerrie
30 ml sojasous
125 ml warm water
’n blokkie hoenderaftreksel
30 ml olie
2,5 cm vars gemmer, geskil en gerasper
1 knoffeltoontjie, fyngedruk
225 g skoongemaakte garnale
2 uie, in halwe ringe gesny
1 rooi soetrissie, in repies gesny
2 stokke seldery, in stukke van 2,5 cm gesny
100 g kool, fymgekap
Meng 5 ml mielieblom, 10 ml sjerrie en 10 ml sojasous in ’n groot mengbak.
Voeg die hoender en vark by en meng goed.
Plaas in die yskas vir 1 uur.
Meng die oorblywende mielieblom, sjerrie en sojasous met die water en hoenderblokkie.
Hou die sousie eenkant.
Verhit die olie in ’n wok of groot pan en braai die gemmer en knoffel daarin vir 1 minuut. Voeg die hoender en vark by en roerbraai tot dit nie meer pienk is in die middel nie. Dit neem omtrent 5 minute.
Voeg die garnale by en roerbraai tot dit mooi helderpienk raak – omtrent 3 minute.
Voeg die groente by en roerbraai vir 5 minute.
Voeg die sousie by. Kook en roer tot die sous begin borrel en verdik. Kook dan vir nog 1 minuut.
Bedien die chow mein nou op die noedels.






