

DENZY’S LAMSPASTEI
1 rol blaardeeg
1 eier, geklits
3 lepels olie
1 kg lamsvleis
2 uie, opgekap
6 naeltjies
2 groot lepels soya sous
2 groot lepels balsamiese asyn
2 knoffel huisies, opgekap
barbecue speserye
groot takkie roosmaryn, opgekap
1 lepel koljander sade, fyngemaak
1 beker beef stock
2 wortels, opgekap
sout en peper
1 bakkie oxtail soppoeier
2 koppies water
½ koppie sago
Braai uie met ‘n bietjie olie tot sag en lekker bruin, voeg lamsvleis by, voeg nou knoffel, roosmaryn, sout en pepper, barbeque spserye, roosmaryn, wortels ,kojana speserye, soya sous, balsamiese asyn en gooi dan beef stock oor vleis. Sit deksel op en laat prut tot vleis van die been af val, haal vleis uit die pot, gooi sago in pot met 2 koppies water en kook tot sago deurskeunend is. Voeg vleis weer terug in pot en gooi sop poeier wat in ‘n bietjie water aangemaak is by die vleis mengsel en laat prut tot bietjie droog gekook. Rangskik helfte uitgerolde blaardeeg in pastei bak, druk gaatjies in bodem van bak en voeg vleismengsel in bak, rangskik ander helfte uitgerolde blaardeeg bo-op mengsel en smeer met eier en bak in voor verhitte oond vir 180°C vir 30 tot 40 min totdat blaardeeg bruin is. Geniet.
Bron: Denzel Koenana






