
HOEKOM SKUIM AFSKEP AS JY KONFYT KOOK?
Ansie Cronje
My ma het my geleer dat as jy konfyt kook moet jy die skuim afskep? Wat is die skuim en hoekom moet dit afgeskep word? Ek kook tamatie konfyt.
Hester Londt Erasmus
– die skuim is resultaat van die kook proses. Die rede hoekom jy dit afskep is om die “suurstof bubbles” weg te kry. As jy dit bottel is suurstof die ding wat konfyt laat muf. EN as jy die skuim nie afskep nie, maak dit “blotches” in die konfyt en dan lyk dit nie mooi helder nie – jy het wit spikkels in die konfyt. As jy steriel werk met jou bottels en WARM bottel en seel sal dit nie muf as jy tot op regte temparatuur gekook het nie, maar dit lyk mooeier as jy skuim afskep.
Petro Borchard
Daar is van die konfyte wat baie min skuim maak en ander wat erg baie maak. Ek skep dit altyd af want dit lyk net nie mooi nie. Ek benut die “skuim-konfyt” wanneer ek granola maak (ipv stroop) en as ek van daai pan-koeke maak waar jy konfyt oor die koek moet smeer en deeg krummels bo oor dit – jy sien dan nie hoe die konfyt lyk nie.






