

CLIVE EN LINDA SE ROOMSPINASIE
Bestandele:
1 bos spinasie
1 medium ui
1 pakkie gesnipperde sampioene
1 pakkies sampioen sop
melk
room
100ml lemoensap
metode:
Kook spinasie gaar, dreineer goed en kap fyn
Braai ui en gesnipperde sampioene tot lekker bruin
Gooi by een pakkie sampioen sop by
Roer melk en room by totdat dit n dik sous maak
Voeg nou die spinasie by en roer goed deur.
Dan die groot geheim 100ml lemoensap, dit gee dit net n ongelooflike anderse smaak.
Bron:Clive-Linda Cawood-Wilson






