

MARIETA SE FLOPVRYE PASTEI DEEG
Resep: Marieta James
Foto: Tanya Erasmus
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie is ‘n resep van my ma en kom al jaaare saam.
Pastei deeg (krimp glad nie)
Vryf 625 g margarien
in 6 koppies koekmeel
½ teelepel kremetart
en 1 ½ teelepel sout
Maak aan met:
3 eiergele
60 ml wit asyn (¼ koppie)
Klits saam in ¾ koppie yswater
Knie goed deur.
Maak toe in plastieksak en bêre vir 6 ure in yskas.
Die beste resultate word verkry wanneer deeg koud is.
Ek laat myne sommer oornag in yskas.
Ek gebruik hierdie kors vir my pasteie, Hertzogtertjies, quiches en vele meer.
Deeg wat oorbly vries ek en laat dit ontdooi in yskas wanneer ek dit benodig.







Hester Smith
Ek het met die mengsel 10 pieringgrote pasteie en 48 klein handtertjies uitgekry! Kollewyntjie grootte! Kom baie ver met die mengsel!
Tanya Erasmus
ek gebruik die pastei deeg nou al n paar dae, vir elke dag bak om te verkoop, en eerlik dis hemels, werk so maklik met dit, en bak gladnie blind nie. vir n groot hoender pastei voer ek my bak tin foil panne met dit uit, vul sommer met warm vulsel en bedek met deeg laag bo oor, druk gaatjies en oond toe vir 45 min, en die pasteie is n treffer. kros is soooo lekker bros.
en inplaas van regte botter, gebruik ek baking botter, die wit baking blokke. R15 n blok maar by trade centre en proe nes regte egte botter
Frikkie Jones
Ek het nou Marieta se pasteideeg gemaak. dit rol wonderlik uit (ek is nie eintlik so behendig met n rolstok nie) en die deeg is lekker sag dog stewig. Beslis n resep vir my Sterfbedresepte.
Tanya Erasmus
Ek moet net dankie se vir julle admin lede op die blad. Ek het Sondag gevra vir n resep vir bulk pastei deeg, en iemand het die ongelooflikste resep gegee. Wow wow WOW!!!!!ek sal nooit ooit in my lewe weer winkel pastry koop om pies mee te bak nie. Quiche, klein pasteie, enige ding denkbaar die deeg werk ek smelt sommer so in jou mond