MARIETA SE FLOPVRYE PASTEI DEEG


MARIETA SE FLOPVRYE PASTEI DEEG
Resep: Marieta James
Foto: Tanya Erasmus
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie is ‘n resep van my ma en kom al jaaare saam.
Pastei deeg (krimp glad nie)
Vryf 625 g margarien
in 6 koppies koekmeel
½ teelepel kremetart
en 1 ½ teelepel sout
Maak aan met:
3 eiergele
60 ml wit asyn (¼ koppie)
Klits saam in ¾ koppie yswater
Knie goed deur.
Maak toe in plastieksak en bêre vir 6 ure in yskas.
Die beste resultate word verkry wanneer deeg koud is.
Ek laat myne sommer oornag in yskas.
Ek gebruik hierdie kors vir my pasteie, Hertzogtertjies, quiches en vele meer.
Deeg wat oorbly vries ek en laat dit ontdooi in yskas wanneer ek dit benodig.