
WENKE OM VIS TE BERG
Indien vis nie op die dag van aankoop geëet word nie, moet dit uit die verpakking gehaal word, gewas, afgedroog en liggies met waspapier bedek word. Bêre dit in die koelste deel van die yskas. Olierige vis kan tot drie maande gevries word en maerder vis tot 6 maande.
Gerookte vis vries nie goed nie. Bevrore vis moet liefs oornag in die yskas ontdooi word, voordat dit gaargemaak word.
BRON – Donn McCarthy, seekostegnoloog van Woolworths
FOTO GEKRY OP INTERNET






