

YOGI-SIP SPONSKOEK
Ek bak hom gereeld. Baie lekker.
3 groot eiers
250 ml witsuiker
500 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
3 ml sout
250 ml Yogi-sip, pynappel
5 ml vanilla geursel
125 ml sonneblomolie
Voorverhit oond tot 180 ºC. Smeer 2 ronde 20 cm panne.
Klits eiers en suiker saam tot liggeel en skuimerig.
Meng gesifte, droë bestanddele met Yogi-sip, geursel en olie tot deeglik gemeng en glad.
Giet in voorbereide panne en bak 30 minute lank.
Verwyder uit die panne en laat heeltemal afkoel voordat jy dit versier na smaak.
( gebruik yogi-sip om die versiersel tot sagte smeermiddel te meng)
Resep: Hannetjie Snyman






