
MALVALEKKER-BLOKKE
Resep: Riekie C Boshoff
FOOD LOVERS RECIPES
½ koppie grondboontjiebotter
1 x 200 g pakkie botterkaramel sjokolade splinters
½ koppie botter
3 koppies mini malvalekkers
Smelt botter, splinters, en grondboontjiebotter saam oor lae hitte.
Verkoel 1 minuut en voeg die malvalekkers by, roer goed deur.
Giet in ‘n gesmeerde pan om te stol, sny in blokke.






