

SPEK EN KAAS TWISTS
Vat ‘n pak ontvriesde blaardeeg (puff pastry). Smeer Hot English Mustard oor. Ek het die mosterd gevolg met ‘n dun lagie blatjang. Sprinkel gerasperde kaas oor. Nou vat jy repe “streaky bacon” en lê dit in rye oor die kaas. Sny nou die deeg tussen die stroke spek.
Nou vir die tricky deel: vat ‘n gesnyde strook aan die punte en begin in teenoorgestelde rigtings te draai/twist tot jy net deeg sien en sit op ‘n bakplaat. Bak teen 160°C vir 20 tot 25 min tot goudbruin.
Bron: Wayne Dugmore






