

JANA SE VLAKOEK
250 g botter of margarien
375 ml suiker
4 eiers
2 teelepels vanilla geursel
Klits alles saam tot lig en romerig so 10 – 15 minute.
SIF SAAM:
3 koppies koekmeel
4 teelepels bakpoeier
1 koppie melk (sit so 30 sekondes in mikrogolfoond dat dit nie yskoud is nie)
Voeg die ½ van meelmengsel by eiermengsel terwyl menger loop.
Voeg melk by en klits verder.
Voeg res van meel by en klits net tot goed gemeng.
Moenie te veel klits na bakpoeier by is nie dit veroorsaak rysgate.
Spuit 2 x 23 cm ronde panne en verdeel deeg daarin.
Bak 25 – 28 minute by 180°C tot gaar. Keer uit op draadrak en laat afkoel.
Vir Vlakoek gaan jy net een laag gebruik. Koek vries goed so jy kan ander helfte vries of versier.
Ek bak soms een ronde koek en kolwyntjies met res van die deeg.
Wanneer koek heeltemal af gekoel het sny koek in helfte. Gebruik dik gare hiervoor.
VLAVULSEL
500 ml melk
1 koppie strooisuiker
80 ml vla
sout
Maak vla met bogenoemde bestanddele.
Wanneer vla gaar is klits 125 g margarien in vla. Klits tot alles gesmelt is.
Laat afkoel. Plaas helfte van deurgesnyde koek op mooi bord. Skep helfte van vla vulsel oor.
Plaas ander helfte van koek bo-op en skep res van vla oor. Laat bietjie aan kante afloop.
Krummel paar Tennisbeskuitjies bo-oor.
Ek het ook geroosterde klapper oor gestrooi.
Resep: – Jana Wege (beproef)






