

RONEL SE LEKKER KERRIE AARTAPPELS
Is nie lus vir vleis vandag nie. 😄😄. Toe besluit ek om kerrie aartappels op krummelpap sal net die triek doen.
5 Groot aartappels, geskil en in 1/4 gesny. En so halfpad gekook in soutwater.
2 Uie in ringe gesny
1-2 eetlepels kerriepoeier
1 eetlepel suiker
2 eetlepels asyn.
500ml water
Metode
Braai uie tot sag voeg nou kerriemengsel by uie en braai.
Voeg aartappels by en braai so 5 min.
Gooi nou so 500ml water by en kook tot aartappels sag is.
Nou kan jy aartapppels saam met krummelpap eet of macaroni, spaghetti of stampmielies of mieliegrys.
GENIET. 😄
RESEP EN FOTO: Ronel Muller Thoma






