

JOHAN SE DRUIWE- EN SOETMOS
En so maak ek mos druiwe-mos en soetmos, gevaarlike mos. Stappe volgens genommerde fotos:
1 Gebruik soet druiwe, enige soort, ek vat hanepoot wat amper oorryp is.
2 Trek die korrels van die stingels af.
3 Druk al die sap uit die doppe met jou hande.
4 Druk en knie die doppe sodat alle sap uitkom.
5 Ek gebruik ‘n aartappel drukker om die oorblywende sap uit die doppe te druk. Ek het die drukker versterk, want ‘n druiwedop wil gedruk wees.
6 Gooi die druiwesap en so twee hande-vol druiwe doppe in so ‘n erde-emmer (melk-emmer) maar dit moet geen erd-af plekkies binne hê nie.
Plaas die deksel op en laat hy begin werk (gis), daai doppe laat dit gou gis.
7 So lyk hy nou voor fermentasie begin.
8 So gis die sap, proe hom, dit is nou soos druiwesap. Plaas vir 2 dae op ‘n lekker warm plek en dan kan jy kook en bak met dit.
9 Indien jy die mos vergeet, soos ek, dan raak dit wyn, baie sterk wyn, ek is bang vir hom en gaan eers die alkohol persentasie laat toets.
Jy kan met enige vrugte en groente mos maak, geniet.
Bron: Johan Coetzee






