

HOENDERPASTEI MET FILO-DEEG
4 hoender fillets
1 ½ teelepel hoenderspesery
15 ml Worceshester sous
olyfolie
1 groot ui gekap
5 ml vars gemmer fyn gekap
½ teelepel kaneel
½ teelepel suiker
7 ml tiemie
sout en peper na smaak
350 ml warm water met 1 blokkie hoenderaftreksel
1 ½ koppie fyn gemengde groente
½ koppie gekapte selery
4 groot eiers
½ koppie gekerfde amandels
filodeeg
gesmelte botter
4 hoender fillets gekook in 1 ½ teelepel hoenderspesery en 15 ml Worceshester sous.
Wanneer gaar, sny in blokkies.
Braai in olyf olie 1 groot ui gekap en 5 ml vars gemmer fyn gekap.
Haal van hitte af en voeg by ½ teelepel kaneel, ½ teelepel suiker, 7 ml tiemie, sout en peper na smaak.
Los op in 350 ml warm water 1 blokkie hoenderaftreksel.
Voeg nou by die uie-mengsel die hoenderblokkies, 1 ½ koppie fyn gemengde groente (het gevriesdes gebruik maar het dit eers laat ontdooi), ½ koppie gekapte selery en aftreksel.
Laat prut tot helfte van vloeistof verdamp het.
Klits 4 groot eiers en voeg by hoender-mengsel om sous dik te maak. Roer heeltyd, so 5-10 min.
Strooi ½ koppie gekerfde amandels oor en sit eenkant.
Vat ronde koekpan van so 22 cm deursnee. Spuit Spray and cook.
Neem nou versigtig die filo deeg, velletjie vir velletjie.
(Bedek met klam vadoek die deeg wat nie gebruik word nie, sodat dit nie uitdroog nie).
Smeer een vel met gesmelte botter en sprinkel knippie sout oor. Sit volgende vel daarop neer en smeer weer met botter en sout.
Plaas dit nou in die koekpan en druk mooi in die kante – pasop om deeg nie te skeer nie.
Doen weer dieselfde met nog 2 velle en sit hulle nou dwars oor die in die pan.
Roer hoender-mengsel deur en skep helfte op deeg in pan en druk effens plat.
Herhaal weer met 4 velle filo deeg op dieselfde manier as bo genoem.
Skep laaste van hoender-mengsel in pan en druk effe plat.
Smeer 2 velle met botter en bietjie sout. Plaas dit bo-op.
Vat die deeg velle wat oor pan hang en vou oor binneste deeg.
Smeer met botter.
Bak by 180 °C vir so 35 min of tot mooi goudbruin.
Haal uit oond en plaas ‘n gesmeerde bakplaat bo-op en keer versigtig die pastei daarop uit (op sy kop).
Bak ‘n verdere 15 min (m.a.w jy bak nou die onderkant tot goudbruin).
Wanneer reg, keer versigtig uit op bedien bord en sprinkel met kaneel en dan versiersuiker.
Laat paar minute staan voor opdien.
Resep en fotos: Francis Smith






