


ELSA SE BAR-ONE KAASKOEK
Bar-One kaaskoek gebak. Maklik en glo my heeeeerlik.
Kors:
1 pak (200 g) fyngemaakte Tennis koekies
125 g gesmelte botter
Meng saam, druk in bak en sit vir ‘n paar minute in yskas.
Vulsel:
2 bakkies maaskaas (230 – 250 g elkeen)
2 blikke kondensmelk
125 ml suurlemoensap
gesniperde Bar-One
Meng alles in ‘n bak tot glad en gooi in kors. Bak op 180°C vir 15 min.
“Bar-One stroop:
2 Bar-Ones
10 ml melk
Smelt die Bar- Ones en melk saam en giet bo-op. Sit in yskas tot koud.
Resep en foto: Elsa du Plessis
Foto 2: Gideon Louw







geskuif
Elanza Ludwick Strauss:
DIE maklikste resep, kom elke keer perfek uit. Ek sit nie die sjokolade bo-laag op nie. Ek bak dit in my ringpan. En het al ALLE variasies probeer, van Oreo tot karamel toffie tot pepermint tot Bar-one!!
Beslis die beste resep!!
Leydene Beckford
Het dit vanaand gemaak en almal was mal daaroor. Stroop soet.
Nikki Laubscher
Made the delicious bar one cheesecake from the blog….Omw to die for!
Xandra Niemandt Uys
Het nou net die Bar-one kaaskoek gemaak dit ryk heerlik kan nie wag dat dit reg is wil proe dit was baie maklik baie dankie vir die wonderlike resep Elsa du Plessis jy rock🎊🎊😀