

PETRE SE KLEINMAAT PANNEKOEK
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
Maak 10 pannekoeke
1 koppie meel
1 teelepel bakpoeier
2 eiers
2 ml sout
200 ml melk
175 ml water
5 ml suurlemoensap
125 ml kookolie
Klits melk, eiers, water, suurlemoensap saam.
Voeg res van bestanddele by en meng goed.
Laat ‘n rukkie staan.
Bak in ‘n warm pan, soos mens pannekoek bak.







Geskuif
Petré Van Jaarsveld
Myne is ook altyd net mooi 10 pannekoeke.. Vries ook lekker…
Rina Kleinhans
Nou net klaar gebak.. dit is presies 10 pannekoeke en baie lekker en bak baie maklik