

YSKAS MELKTERTJIES
1 pak tennisbeskuitjies
125 ml botter
2 koppie melk
Kaneel stokkie
60-100 ml suiker
2 eiers
45 ml maizena
45 ml meel
3 ml vanilje
30 ml botter
Smelt botter en meng met koekies en druk met lepel vas in bakkies.
Klits eiers en voeg by suiker by en klits goed, voeg meel by en meng goed, sit Maizena by en klits tot goed gemeng.
Bring melk en kaneel stokkie tot amper kookpunt
Gooi nou warm melk by meelmengsel terwyl jy heeltyd meng.
Plaas terug in pot. Matige hitte.
Moenie ophou roer, gaan klonte maak.
Haal af as lekker dik is en gooi in bakies. Stooi met kaneelsuiker en plaas in die yskas
Heeeeerlik. Min skotelgoed en dis gou.
Het dit al in klein pannekoekies ook gesit. Erg lekker
FOTO – Jo-Ann Smit






