
MARIANNE SE WARM NOEDELSLAAI
Vanaand het ons sommer so noedelmengelmoes gehad vir aandete. Was egter heerlik en iets anders.
½ pak skroefnoedels
Olyfolie
2 groot uie
1 rooi soetrissie
1 groenmielie van stronk af gesny
pizaza toppings van jou keuse
Italiaanse kruie
sout en per na smaakKook ½ pak skroefnoedels tot el dente. Dreineer en roer bietjie olyfolie deur sodat dit nie aan mekaar klou nie. Braai 2 groot uie wat in skywe gesny is tot bruin, voeg 1 rooi soetrissie en 1 groen soetrissie wat opgekap is by en braai tot effe gaar, voeg 1 groenmielie wat van stronk af gesny is by en pizza toppings van jou keuse. Braai tot gaar. Voeg so strooisel italiaanse kruie by en geur met sout en swart peper na smaak. Voeg by noedels. In dieselfde pan, maak so 6 eiers se roereier en voeg by die ander bestandele. Meng goed en bedien warm.
Resep en foto – Marianne de Beer






