

SAMPIOEN EIERBAKKIES
Vir 4 mense
15 ml botter
15 ml olyfolie
200 g sampioene, opgesny
250 g blad spek of ham
4 – 6 eiers
½ klein uitjie, fyn gekap
1 wiel feta kaas
sout en vars gemaalde swart peper na smaak
Verhit oond tot 180°C.
Bespuit 4 – 6 muffinpan bakkies.
Verhit botter en olie en braai sampioene en uie tot gaar en mooi gekleur.
Voer die muffin pannetjie uit met de spek sodat dit ‘n bakkie vorm.
Verdeel die sampioen/uie mengsels tussen die bakkies, breek die feta oor die sampioene mengsels.
Breek versigtig ‘n eier in elke holte.
Sit bietjie sout en swart peper oor, pasop vir te veel die spek en feta is reeds sout.
Bak vir 15 min in verhitte oond.
Haal uit maak versigtig los en haal uit, sit op ‘n gespuite bakplaat en bak nog 5 min.
Haal uit en bedien. Kan ook laat afkoel en in die kosblik pak.
Nota: jy kan ook spinasie by die sampioene insit, blansjeer dit eers dat al die water verdamp het.
Foto: Rina Kleinhans






