JAN SE TUNATERT
2 eetlepels margarien
1 dik sny wit brood
1 koppie melk
1 groot gerasperde ui
1 koppie gerasperde kaas
3 eiers
1 blik tuna
bietjie pietersielie
¾ teelepel bakpoeier
2 weense worsies, gerasper
Maak melk bietjie warm en smelt die margarien daarin.
Week dan die brood in die melk en margarien mengsel tot dit fyn is.
Meng dan al die ander bestanddele saam by.
Voeg ‘n driekwart teelepel bakpoeier by die mengsel.
Giet in gesmeerde bak.
Bak in die oond vir 30 tot 45 min teen 180°C.
Vir afwisseling kan jy gewone polonie en blik “corn meat” ook bysit.
Bron en foto: Jan Bezuidenhout
Geskuif as “Tunatert met brood”