


BEEF OLIVES ALA RINA
Ons vat more weer die lang pad en ek het sommer vir ons saam met die ander padkos lekker Beef Olives gemaak… Sny die fillet steak lekker skywe kap dit lekker met die vleis hammer plat, maar nie te veel nie. Maak ‘n mengsels van rou maalvleis met kruie en speserye, sout en peper, nie te sout nie.. en sit op die steak, rol op. Steek vas met tandestokkie. Braai sommer lekker vinnig ‘n warm steak pan om te seel en dan stadiger dat die maalvleis net gaarword. Haal af en laat rus. Ek het dit heel gaar gemaak omdat ons dit as padkos gaan eet, in lekker wielietjies gesny, maar as jy dit sou bedien saam met groente.. kan jy ‘n lekker sampioen- of pepersous daarby bedien.
Foto en idee: Rina Kleinhans






