

JANINE SE ALICE IN WONDERLAND KOEK
Ek noem dit my Alice in Wonderland koek. Nie een lyk dieselfde nie. Ek gebruik 2 gekoopte sponskoeke om 4 laag koek te maak. Elke laag kry n skeutjie lekker likeur om dit klaar te maak en smaak te gee. Variasie van likeur is eie diskresie. Elke laag word gesmeer met iets anders … grondboonbotter, cherry konfyt, karamel, wat jy ook al mee wil smeer.
Dan pak jy jou sweetiekas uit en begin speel met elke laag. Hierdie is net n voordeel, maar die idee is om bos te gaan. Eerste laag karamelpopcorn en fudge. Tweede laag coconutshokolade, wafers koekies wat fyn gebreuk is en marshmallows. Derdelaag sagte melk sweeties en jellietots in sjokolade. Die idee is om weer kind te word en te speel. Maak gewone sjokolade versiersel. Sit koffie essence by. Meng maaskaas by en 2 eetlepels cherry konfyt. Bedek hele koek met versiersel. Word dan weer kind en versier na hartelus.
FOTO EN IDEE: Janine Lombard






