

MARYNA SE BAIE WARM RISSIESOUS
HIERDIE sous is nie vir SUSSIES nie
+- 400 g rissies (verkieslik rooi)
vars koljanderblare so lekker handbol
1 eetlepel paprika
½ koppie asyn
1 eetlepel knoffel
1 suurlemoen se sap
½ koppie kookolie
sout na smaak
Sit olie in kastrol, kap die rissies, koljander en knoffel fyn. Voeg alles by die olie.
Maak stadig warm, maar moet dit nie laat kook nie. Verwyder van stoof en gebruik blenderstick om alles in fyn pasta te maak.
Giet in botteltjies en sit in yskas sodra afgekoel het. Heerlik saam met slap chips en steak . Wees gewaarskuu hy’s warm. ( laat hom paar dae staan sodat smaak kan ontwikkel)
Resep en foto – Maryna Kruger






