

JOHAN SE PEKELVLEIS
Soutbeesvleis
1 liter kookwater
500 g growwe sout
40 g salpeter
14 g swart peperkorrels
310 ml bruin suiker
ekstra sout vir die invryf van die vleis
Gooi warm water oor mengsel en roer tot suiker oplos, laat staan om af te koel.
Vryf vleis goed in met ekstra sout, ek gebruik fyn sout vir die invryf.
Sit die vleis in die koue pekel mengsel, die vleis moet heeltemal bedek wees, sit maar ‘n gewig bo-op.
Laat vleis vir 4 dae in pekel lê, draai vleis elke dag om.
Nou kan jy dit gaar kook in ‘n pot of bak in die oond of berook.
Resep en foto: Johan Coetzee







geskuif