

MARIAN SE GEKRUIDE PORTUGESE HUTSPOT
Portuguese dis wat jy lekker met die hand eet.
2 kg blokkies beesvleis
1 groot pak sampioene
3 uie
3 eetlepels knoffel
3 rissies
4 lourierblare
5 kerrieblare
1 eetlepel masala
4 eetlepels kerriemengsel
1 eetlepel borrie
1 eetlepel paprika
1 cm stuk heel gemmer, opgesny
2 takkies roosmaryn
6 cardomom saad
1 eetlepel kaneel
1 takkie basil
1 takkie origanum
1 takkie salie (sage)
¼ koppie malt asyn
3 eetlepels suiker
1 pakkie tamatiepasta
1 pakkie appelkose, in warm water gelê
½ bottel rooiwyn
1 liter water
sout en peper
braaivleis speserye
olyfolie
Plaas genoeg olie in ‘n lekker dikboompot en braai al die speserye en kruie vir 10 min.
Voeg die uie ook en appelkose by.
Voeg die pakkie tamatiepasta by en dan die halwe bottel rooiwyn en liter water. Laat dit kook tot borrels. Draai plaat af.
Geur die vleis met die speserye, sout en peper. Verbruin in ‘n ander pan. Skep dan in sousmengsel. Laat kook vir ‘n uur op stadige hitte. Voeg nou sampioene by en prut vir nog ‘n uur. Jy moet maar proe of dit sterk genoeg en sout genoeg is. Anders sit net nog ‘n russie of 2 by.
Pittabroodtjies is oond warm gemaak. Breek dit oop dan is dit soos ‘n bakkie en jy skep jou kos daarmee.
Jy kan ook Portuguese rolletjies koop en hulle sny in repe. Dan gebruik jy dit soos ‘n tang om kos te skep.
Mengelslaai bygemaak.
Resep en foto: Marian van Deventer







geskuif