

HOENDER A LA ITALIAN
1 heel hoender (of stukke)
1 bottel Knor Italiaanse slaaisous
Plaas die hoender in ‘n oondvaste bak. Jy kan heel aartappels rondom die hoender pak, maar eers so na omtrent 15 min in die oond. Giet die hele bottel slaaisous oor die hoender. Bak in die voorverhitte oond op 180ºC vir omtrent so 1 uur of totdat jy sien die hoender is deurgaar en mooi bruin.
Nota – Jy kan die Italiaanse slaaisous met Griekse of Franseslaaisous vervang, die hoender kan nie een van die drie tale verstaan nie.
Resep: Petra Nel






