

HENDRIK SE BUNNY CHOW
½ koppie kookolie
100 g botter, ongesout
1 teelepel anys
2 kardamomsade
2 kruie naeltjies
1 stok pypkaneel
10 vars kerrieboom blare
2 uie, gekap
4 opgehoopte eetlepels kerrie poeier
2 chillies, gekap
1 groot knoffel, gekap
1 blik kersie tamaties
hoender “stock”
4 aartappels, in kwarte
500 g bees, hoender of skaap blokkies vleis
8 gekookte eiers
koljander blare
brood in kwarte
Verhit olie en botter.
Gooi kardamom, anys, pypkaneel, kruie naeltjies, kerrie blare in en braai vir 15 sekondes, gooi uie in en braai tot deurskynend.
Gooi kerrie in en braai 15 tot 30 sekondes. Pasop om nie te brand nie.
Gooi chillies en knoffel by met vleis. Werk deur en sit res van bestanddele by behalwe eier, aartappel en koljander.
Laat prut tot vleis sag is, sit aartappel by en kook tot sag.
Gooi gedurig warm water by om lang sous te maak.
Hol kwart brode uit en sit 2 eiers in elk.
Vul met kerriesous en vleis.
Garneer met koljander blare.
Resep en foto: Hendrik Markgraaff






