

CAMEMBERT EN UIE VIERKANTE
Gekoopte blaardeeg
Uie
Botter
Balsamiese asyn
Bruinsuiker
Knoffel
Camebertkaas
Sny die deeg in ewe groot vierkante en hou koud…braai intussen die uie in botter tot gaar en gooi dan balsamiese asyn en brunisuiker by en kook tot amper geen vog. Skep uie op vierkante…los ‘n randjie oop en bak vir 15 tot 20 min by ongeveer 200 grade tot goudbruin en opgepof…haal uit. Sny skyfies Camebert en sit bo op uie en sit terug in die oond vir so 2-3min. Vinnige maklike vinniger happie
Resep en foto – Corinne Munro






