


ERNA SE SPINASIESLAAI
Meng in slaaibak:
blaarslaai
1 bossie jong spinasieblare
1 pakkie spek (bros gebraai en in stukkies)
Apart verpak:
boontjiespruite
8 snye brood in bokkies en in olie gebraai (croutons)
Meng in ander houer:
1 koppie sampioene in skyfies (rou)
½ koppie bruinsuiker
¼ koppie bruin asyn
Derde koppie tamatiesous
½ koppie olie
1 eetlepel Worcestersous
¼ tot ½ koppie fyn uie
sout en peper
Neem die 3 houers saam na waar jy gaan kuier en net voor ete sprinkel jy die jy die croutons, en boontjiespruite oor, en dan die sous.
Resep en foto: Erna Van Der Merwe







geskuif