
AARTAPPELKOEKIES MET SOETRISSIES
3 groterige aartappels
1 groot ui
½ groen soetrissie
½ rooi soetrissiePlaas die bestanddele alles saam in voedselverwerker en verwerk tot fyn. Giet in bak uit.
Voeg by:
1 bossie fyn gekapte uiegras
1 ½ koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
1 eier
Meng goed.
Voeg dan geurmiddels by:
1 teelepel sout
¼ teelepel peri-peri aromat
3 goeie skutte aromat cheese
Bak in vlak olie tot gaar. Onthou om die geurmiddels laaste by te voeg anders maak die aartappels te veel water.
Bron: Marianne de Beer






