

GIDEON SE BROODWORSROLLETJIES
Die rolletjie bestaan uit ‘n snytjie brood wat met die koekroller platgerol is. Op die een kant word ‘n bietjie botter gesmeer en op die ander kant ‘n bietjie chakalakka. Plaas dan ‘n velletjie plat kaas op die chakkalakka en sny ‘n russian oor die lengte oop en rol dit dan toe in die gekaasde broodjie. Smeer ‘n bietjie olyfolie op die bokant en bak dan die toegerolde broodjies wat vasgesteek is met twee tandestokkies op 180 °C vir 15 min en grill vir ‘n paar minute om lekker bruin en crisp te kry.
Bron en foto: Gideon Louw
Fatima Isaacs
Die broodjie kan ook met chilli sauce gesmeer word. Dan ‘n snytjie kaas of gerasperde kaas en stukke viennas of russians. Rol toe en doop dan in geklitste eier en broodkrummels gemeng met spesery van u keuse. Sit dit op papierbord. Na al die broodjies klaar gerol is, plaas in vrieskas vir ‘n paar minute om te verhoed dat krummels afkom wanneer dit in warm olie gebak word. Bak tot goudbruin en bedien met ‘n lekker dip.






