

ANDERSE BANOFFEE-TERT
1 pakkie tennisbeskuitjies
1 blik karamel
4 -5 ryp piesangs in skyfies gesny
50 ml suurlemoensap
1 houertjie gladde maaskaas
Voer ‘n tertbak uit met die tennisbeskuitjies (ek was lui en het dit sommer net so in die bak onder in gesit)
Meng die karamel, suurlemoensap en maaskaas, voeg die piesangs by en gooi beslag uit in bak.
Krummel van die beskuitjies bo-oor en sit in yskas om te set. Versier met room indien verkies
Hy raak nie stokstyf geset nie maar is heerlik sommer vir nagereg
Dis nie ‘n groot resep nie, kan dalk dubbel aanmaak en sommer ‘n laag beskuitjies tussen-in ook pak
Foto en Resep: Sonja Young







Manlief is mal daaroor en sê ek kan maar weer maak.
Ek sal die resep volgende keer dubbel maak, en sommer nog ‘n ry Tennisbeskuitjies tussenin ook pak. Dis regtig heerlik!