

FATIMA SE PEPPERMENT TERT
1 blik pepperment caramel
500 ml room of orley whip
1 pakkie Tennisbeskuitjies
1 pakkie suurlemoen jellie
1 koppie warm water
1 Cadbury mint slab
In ‘n metaalbak meng jellie met warm water en laat oplos maar nie stol nie.
Klop dan room styf en meng caramel in.
Voeg dan afgekoelde jellie by en meng goed.
Rasper helfte van die sjokolade by.
Bedek ‘n vierkantige bak met beskuitjies.
Skep mengsel oor en rasper nog sjokolade oor.
Sit dan nog ‘n lagie beskuitjies en res van die mengsel dan rasper nog sjokolade oor.
Sit dan tert in yskas oornag en laat stol voor opdiening
Resep: Fatima Isaacs






