NADIA SE RUNEBERG KOLWYNTJIES
Spesiaal vars gebak vanuit hier in Finland. Volgende week is dit die 5de Februarie dan is dit Runebergs dag hier. Ek sien op die webtuiste is daar al klaar ‘n resep, maar hierdie een het ander bestanddele in. Runeberg was ‘n digter hier in Finland. Hy het die sweedse weergawe van Finland se nationale lied geskryf. My man is mal oor die koek, so toe besluit ek om dit self te probeer bak.
Runebergs Tårta (Runeberg Kolwyntjies)
2 koppies meel
1 koppie gemmerkoekies, gekrummel
¾ koppie amandels, fyn gekap
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel koeksoda
1 teelepel sout
2 teelepels lemoen zest
1 teelepel kardamom, fyn
1 teelepel amandel ekstrak
1 koppie botter
½ koppie suiker
1 koppie donker bruin suiker
2 eetlepels molasses
3 eiers, kamer temperatuur
½ koppie melk
½ koppie lemoensap
Meng die meel, gemmerkoekies, amandels, bakpoeier, koeksoda, sout, lemoen zest en kardamom saam.
In ‘n aparte bak meng die melk, lemoensap en amandel ekstrak saam.
In ‘n ander bak room die botter, witsuiker en bruinsuiker saam vir so 4-5min. Dan voeg die molasses by en dan die eiers, een vir een.
Voeg dan die droë en die nat bestanddele geleidelik by die botter mengsel. Bv. droog, nat, droog, nat…
Bak vir 25 – 35 min by 180ºC
Stroop:
1 koppie suiker
½ koppie water
Rum na smaak
Gooi al die bestanddele in ‘n sous potjie en smelt die suiker.
Wanneer die kolwyntjies uitkom, steek gatjies in en smeer van die stroop oor.
Versiering:
Raspberry konfyt
½ koppie versiersuiker
½ eetlepel melk (ek moes ‘n klein bietjie meer melk insit)
¼ teelepel amandel ekstrak
Meng die versiersuiker, melk en amandel ekstrak tot ‘n dik icing vorm.
Gebruik dadelik. Sit dit in ‘n sakkie om uit te pyp.
Sny ‘n klein gatjie in elke kolwyntjie en smeer meer stroop bo oor.
Skep dan so bietjie konfyt in elke gatjie.
Pyp dan van die icing rondom die konfyt.
Ek het so 23 kolwyntjies uitgekry.
Ingestuur deur: Nadia Thölix