

APPEL-EN SPEKSLAAI
Bestanddele
8 repies spek
2 rooi of groen appels
6 repies parmesaankaas
30 ml olyfolie
Swartpeper
Roket of basielie-kruid blare vir bediening
Metode
Verhit ‘n braaipan en braai die spek tot bros.
Verwyder die spek en plaas op kombuispapier om die oortollige vet te dreineer.
Sny die appels in ringetjies of dun skyfies en verwyder die pitte (plaas die appelringe in water met ‘n bietjie suurlemoensap om te voorkom dat dit verkleur.)
Rangskik die spek, appels en parmesaankaas netjies op ‘n bord.
Sprinkel met olyfolie en varsgemaalde swartpeper.
Garneer met roket- of basieliekruidblare en bedien met ‘n snytjie gesondheidsbrood.
Foto: Marika Tegmann






